Artist
:  ELVIS BLUE (Aand vertoning)
Date
:  2017-07-23
Price
:  R 170
Starts
:  20:30 PM
Ends
:  22:00 PM

Artist Info

NOG ‘n TREFFER JAAR VIR ELVIS BLUE

Elke jaar is klaarblyklik ‘n WEN-jaar vir die talentvolle liedjieskrywer-kunstenaar Elvis Blue!
Sy eerste vrystelling vir 2015, SHINE, het in sy eerste week vir Elvis die hoogste verkopende Suid Afrikaanse kunstenaar op iTunes gemaak en is reeds op hoë rotasie op elke plaaslike en nationale radio stasie landwyd. ‘n Lied met eg Suid Afrikaanse geur en ‘n hoopvolle boodskap wat weereens hierdie kunstenaar se veelsydigheid en relevansie ten toon stel.
Dit is moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teespoed gestap het, wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van elke sfeer van die lewe kan identifiseer.  
Tot op hede het Elvis Blue agt vollengte albums uitgereik – drie van hulle is uitgereik onder  die naam ‘Mono’; en hy het ook twee Afrikaanse albums uitgereik onder sy geboortenaam Jan Hoogendyk– Diep Riviere in 2006 en Ontskemer  in 2009. Diep Riviere het ‘n ATKV-Lier toekenning ontvang in 2010 en Ontskemer is benoem vir ‘n SAMA (South African Music Award) as Beste Afrikaanse Gospel Album.
 
Ten spyte van hierdie vroeë pogings, het Elvis Blue eers ‘n huishoudelike naam geword met sy eerste plek in MNET se Idols-kompetisie in 2010. Aangesien hy reeds ‘n magdom liedjies gereed gehad het, is sy album Elvis Blue kort na sy sege in dié kompetisie uitgereik. Die album het binne 28 dae ná vrystelling reeds goue status bereik en ‘n paar maande later het die album platinum-status bereik en is met ‘n SAMA bekroon vir Beste Volwasse Kontemporêre Album. Die opvolg album, genaamd Journey is met nie minder as 3 SAMA-pryse in 2013 bekroon nie, naamlik Manlike Kunstenaar van die Jaar, Album van die Jaar en Liedjie Van Die Jaar vir Lifeline. Met Afrikaans het Elvis weereens met die louere weggestap by die SAMA-toekennings, toe dit bekroon is as die Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporêre Album. Hierdie album het Elvis sommer op dag een van uitryk die eerste Afrikaanse sanger gemaak wat daarin kon slaag om op die Top Tien in die iTunes Stores te pryk. Afrikaans het ook Album van die Jaar en Beste Manlike Kunstenaar by die Ghoema Toekennings in 2014 ingepalm. Daarbenewens het Afrikaans ook die Huisgenoot Tempo-musiektoekenning vir Beste Kontemporêre Album ontvang in 2014 en het in September van daardie jaar reeds Platinum status bereik.  Met album verkope van oor die 350 000 eenhede en ‘n propvol kalender wat hom kruis en dwars oor Suid Afrika neem, is Elvis by uitstek een van die besigste kunstenaars in die land.
 
Elvis vertel Afrikaans as taal lê hom besonder na aan die hart. “As ‘n jong seun het ons die mooiste Afrikaanse musiek in ons huis gehad. Dit was musiek wat diep tot my gespreek het en wat ek nooit sal vergeet nie. My hoop nou dat ek in Afrikaans ook musiek maak is dat ek kan bydra tot die skoonheid van ons mooi taal.”
“Wanneer ek in Afrikaans sing en skryf, dan skryf ek dit vir die mense naby my, soos my ma, my vrou, my kinders... Ek druk myself net beter in my moedertaal uit en Afrikaans is boonop so ’n mooi taal!”
Junie 2015 sien die vrystelling van Elvis se 2de Afrikaanse album, genaamd “Êrens in die middel van nêrens”. Die eerste enkelsnit vanaf die album, genaamd “Die Hemel” is reeds op radio te hore en Elvis is opgewonde om in Julie en Augustus gedurende sy toer beide sy nuwe materiaal sowel as ou bekendes met gehore reg oor die land te deel. Die nuwe album is propvol splinternuwe, oorspronklike liedtjies, wat hy oor die laaste twee jaar geskryf het. Elvis het as deel van sy skryf aan die album  op reis gegaan deur Suid Afrika, beginende in Kaapstad van suid tot noord, langs afdraaipaaitjies en onbekende weë wat tot ’n groot mate gedien het as inspirasie vir sy nuwe skepping.
Elvis het die volgende te sê oor die album: “Ek voel opgewonde oor die musiek op hierdie album. Ek het baie geskryf oor die laaste twee jaar om by die finale liedjies op die album te kom en die musiek kom uit ‘n baie eerlike plek in my. Ek het opgeneem saam met my gusteling musikante op verskillende plekke. Demo’s is in Jeffreysbaai en in gaste huise, hotelle en op my stoep in George opgeneem en daarna het die album vorm gekry in studios in Potchefstroom en Johannesburg. Ek sien uit dat julle dit hoor.”

This website is not designed for mobile phones due to the limited screensize. Our special mobile app is currently under construction. To book please call 0219791911 or 0825741651
You need register / login to book this event.
ELVIS BLUE (Aand vertoning)

2017-07-23 - R 170 per ticket

Scroll over tables below to see available seats: Book seats by single clicking on table and choosing the nr of seats. If more seats are required than available at one table, choose more seats at an adjacent table and we will "join" them for you if possible. Double check that the correct nr. of seats are booked before pressing the "PROCEED" button.
Table Types:

Booked Seats:
table 1
table 2
table 3
table 4
table 5
table 6
table 7
table 8
table 9
table 10
1
1
1
Table 103 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 104 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

BAR
table 11
table 12
table 13
table 14
table 15
table 16
table 17
table 18
table 19
table 20
table 21
table 22
table 23
table 24
table 25
table 26
table 27
Table 27 ( 1 - 6 seater )
4 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

STAGE

Can’t find a suitable choice of seats/tables?.. click here and send us an email with your request.
Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.
ELVIS BLUE (Aand vertoning)

2017-07-23 - R 170 per ticket
BOOKING INFORMATION
Please have your credit card and cell-phone ready before you press the VCS button

Once payment is received, your booking will be confirmed via e-mail and your name added to our guestlist.

If your card-payment is NOT succesfull due to any technical reason, you may also do an EFT into our account, and mail POP to us with your name and the date of the show as Ref. (For Bankdetails just look for the button on our homepage)
 Forgot Password