die BOER TEATER-RESTAURANT is ontwerp en geskep deur mede-eienaars JURGEN HUMAN en MARGIT MEYER-RÖDENBECK
 
 
JURGEN, ’n oud-Matie en self erkende blues-junkie, is sy hele lewe lank al in "show-business". Hy was voorheen 'n televisie stelselingenieur by die SAUK en het later die wêreld vol gereis en stelsels gebou vir groot internasionale produksies soos die Olimpiese Spele, Sokker, Rugby & Krieket wêreldbeker uitsendings. Maar sy eerste liefde was nog altyd musiek & teater en hy het vir baie jare gedroom om 'n venue oop te maak wat ordentlike "aandete-teater aanbied". 
 
“Eintlik het ek met my "wêreld-reise" net probeer om soveel as moontlik restaurant-teaters en “blues-clubs” te besoek om my planne vir die Boer te finaliseer”, erken hy.
 

MARGIT, ook ’n oud-Matie, is 'n bekende aktrise en vermaaklikheids persoonlikheid en het op haar beurt Suid-Afrika al platgereis met vertonings van haar alter-ego Dowwe Dolla. Margit, wat ʼn meestersgraad in teaterbestuur het, weet presies hoe moeilik dit is om 'n teater lewensvatbaar te maak. Hierdie was 'n nuwe, onbekende en gevaarlike pad wat ons ingeslaan het het, sonder die opsie van "halfpad omdraai". Met “die Boer” dink ek ons het die regte konsep beet.

LUCA, Margit en Jurg se 4 jarige dogtertjie, is dalk (nog) nie 'n mede-eienaar nie, maar sy is ongetwyfeld in "charge" van ALLES wat Pa en Ma doen!
 
 Forgot Password