LEAH [ LUNCH SHOW ]

Date :
2018-07-29
Time:
13:30 PM - 15:00 PM
Price:
R110

 
Leah word huidiglik beskou as een van die top vroulike Afrikaanse kunstenaars in die land.
 
Julle het Leah leer ken as die fikse onnie, Juffrou de Bruin, in die bekende musiekfilm, "As Jy Sing", waar sy ook...read more
 
Leah word huidiglik beskou as een van die top vroulike Afrikaanse kunstenaars in die land.
 
Julle het Leah leer ken as die fikse onnie, Juffrou de Bruin, in die bekende musiekfilm, "As Jy Sing", waar sy ook haar vernuf as sangeres gewys het. Met die uitreiking van Leah se eerste album, 'Wonderwerk', was dit reeds duidelik dat daar 'n nuwe, vars stem op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het waarmee daar gewis rekening gehou sou moes word. "Met Jou Klere Aan" het Suid-Afrika op die dansvloer gekry en het reeds meer as ‘n miljoen kyke op YouTube.  Sy het onder andere met die Ghoema Nuweling van die Jaar toekenning in 2016 weggestap en het self 3 Huisgenoot Tempo toekennings in dieselfde jaar ontvang. Die album sluit ook treffers in soos Volmaan, Meer As Niks en Mooiweer.
Haar Deluxe Weergawe album is November 2016 uitgereik en die enkelsnit, Jou Liefde het ranglyste regoor die land geklim en was ook #1 op kykNET se Top 20. Die album het ook intussen goue status behaal!  In 2017 is sy ook vir die tweede jaar in ‘n ry aangewys as Bok Radio se Vroulike Kunstenaar van die Jaar en met ‘n Bokkie Toekenning vereer.
 
 
Sy vertolk een van die hoofrolle in die chick fliek, SUSTERS saam met gesoute aktrieses Diaan Lawrenson en Quanita Adams. Die plaaslike rolprent is in Maart van 2018 bekendgestel en het loketrekords tydens die openingsnaweek laat spat.
Na die sukses van Met Jou Klere aan en Volmaan het sy ook onlangs ‘n trefferduet met Jo Black uitgereik getiteld, Nooit Alleen wat ook die temalied vir SUSTERS is. Haar funky treffer saam met Kurt Darren en Snotkop, Selfie Song is ‘n lekker tong-in-die-kies liedjie en mense is gaande daaroor. Haar nuutste enkelsnit Ek Mag Jou Mis is nou digitaal beskikbaar en die prentjie-mooi musiekvideo is ‘n moet-kyk en verfilm by haar wegbreuk plek St. Helenabaai.
 
Leah is aangewys as die splinternuwe aanbieder vir die 11de seisoen van die gewilde Boer Soek ‘n Vrou reeks op kykNET wat in Oktober 2018 op kykNET begin draai het. Seisoen 12 skop ook weer in Oktober hierdie jaar af.
Sy werk huidiglik hard aan ‘n nuwe album wat later vanjaar op die rakke sal wees.
 
 
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

LEAH [ LUNCH SHOW ]

2018-07-29

Total: R110

 Forgot Password