Artist
:  Jannie du Toit & Thean Kotze
Date
:  2018-05-16
Price
:  R 140
Starts
:  20:30 PM
Ends
:  22:00 PM

Artist Info

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (voormalige lid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.  Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmonieë en tekste wat iets te sê het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het – daargestel het. Lucas Maree se werk boei oud en jonk – ’n seuntjie se gewaarwordinge oor ’n treklorrie tot eindelose, doellose gesprekke tussen geliefdes en die ontdekking dat liefde nie minder word as dit weggegee word nie. Soos die tekste is die musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die kombinasie van kitare en stemme  baie ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid.

Jannie du Toit

Jannie du Toit volg ’n musiekloopbaan na regsopleiding en taalstudies. Hy skryf van die begin af sy eie liedjies en debuteer met die solo-album 'N LIEDJIE VIR JOU in 1981. Benewens sy musiekblyspele by Tukkies en talle samewerkingsalbums volg daarop nog 12 solo-albums. 

Hy word aan die kabaretverhoog bekend gestel in Stephan Bouwer se "VAN BERLYN TOT BAPSFONTEIN" en "OP DIE HARTSTOG BOULEVARD", beide saam met Laurika Rauch.Hy stel ook in sy verhoogoptredes en opnames sedert die vroeë tagtigerjare Suid-Afrikaners bekend aan ’n verskeidenheid Nederlandstalige musiek.

DOEP IS NIE DOOD NIE, ’n woordkuns-en musiekprogram as huldeblyk aan Koos du Plessis, debuteer in 2014 en word steeds met groot sukses landswyd en by verskeie feeste aangebied. Paul Boekkooi skryf hieroor:  “Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit.”  

In 2016 debuteer Jannie met twee nuwe produksies by onderskeidelik die US Woordfees met ‘Kiekies – Lucas se liedjies’ asook by KKNK met ‘Bonjour Monsieur Brel’.  In laasgenoemde sing Jannie Jacques Brel se onsterflike liedere in vier tale:  Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands.

Thean Kotzé

Thean is ’n liedjieskrywer, kitaarspeler en sanger van formaat wat oor die afgelope dekade-en-’n-half naam gemaak het met sy musikaliteit, sy goeie stem en sy veelsydigheid.

Hy het in 1996 sy Diploma in Bedryfsingenieurswese aan die Techikon Pretoria verwerf, maar na ses jaar as ingenieur het sy passie vir musiek die oorhand gekry. Thean het hom begin toelê op die skryf van liedjies, sy kitaarspel en sang, en in 2002 was hy ’n finalis in die ATKV Crescendo-kompetisie se afdeling “Eie Komposisies”. Saam met Abrie van der Westhuysen begin hy in 2003 die groep Limpopo wat kort na die draai van die eeu opslae maak met hulle vernuwende, vars klanke in Afrikaans.

Thean is ’n stigterslid van Ses Snare wat jare lank reeds groot sukses in die Suid Afrikaanse mark bereik het met landswye optredes.  Op die verhoog vertolk hy onlangs die rolle van Isai in Dawid – die Musical, Jakobus in Jesus – die Musiekblyspel en Prof Marais (Liefling se pa) in Liefling – die Musiekblyspel.

Danksy sy verskeidenheid van talente kan hy gehoor word as agtergrondstem op albums van Bok van Blerk, Lianie May, Robbie Wessels en die “Ons vir Jou” klankbaan en hy is betrokke by optredes saam met ’n groot verskeidenheid kunstenaars waaronder Mathys Roets, Nianell, Liezel du Toit, Anna Davel, Helena Hettema en andere. Drie van sy eie komposisies is ook al gebruik as temaliedere vir TV programme.
Sy jongste projek is ’n hulde-program saam met Jannie du Toit oor een van sy groot helde in Afrikaanse musiek: Lucas Maree.
This website is not designed for mobile phones due to the limited screensize. Our special mobile app is currently under construction. To book please call 0219791911 or 0825741651
You need register / login to book this event.
Jannie du Toit & Thean Kotze

2018-05-16 - R 140 per ticket

Scroll over tables below to see available seats: Book seats by single clicking on table and choosing the nr of seats. If more seats are required than available at one table, choose more seats at an adjacent table and we will "join" them for you if possible. Double check that the correct nr. of seats are booked before pressing the "PROCEED" button.
Table Types:

Booked Seats:
table 1
Table 1 ( 2 - 4 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 2
table 3
table 4
table 5
table 6
table 7
table 8
Table 8 ( 1 - 6 seater )
4 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 9
Table 9 ( 1 - 6 seater )
5 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 10
Table 10 ( 1 - 4 seater )
4 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 101 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 102 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 103 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 104 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 105 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 106 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

BAR
table 11
Table 11 ( 4 - 6 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 12
Table 12 ( 2 - 6 seater )
1 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 13
table 14
table 15
Table 15 ( 4 - 6 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 16
table 17
table 18
Table 18 ( 2 - 4 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 19
Table 19 ( 4 - 6 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 20
table 21
Table 21 ( 4 - 6 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

table 22
Table 22 ( 1 - 6 seater )
1 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 23
Table 23 ( 1 - 6 seater )
6 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 24
Table 24 ( 1 - 6 seater )
4 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 25
table 26
Table 26 ( 1 - 6 seater )
6 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 27
Table 27 ( 1 - 6 seater )
6 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

STAGE

Can’t find a suitable choice of seats/tables?.. click here and send us an email with your request.
Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.
Jannie du Toit & Thean Kotze

2018-05-16 - R 140 per ticket
BOOKING INFORMATION
Please have your credit card and cell-phone ready before you choose your payment option.

Once payment is received, your booking will be confirmed via e-mail and your name added to our guestlist.

If a card-payment is NOT successfull due to any technical reason, you may also do an EFT into our account, and just mail P.O.P to navrae@dieboer.com with your name and the date of the show as Ref.

Please choose a payment option below:


 Forgot Password