Artist
:  ANTON GOOSEN - Padkos
Date
:  2018-07-18
Price
:  R 130
Starts
:  20:30 PM
Ends
:  22:00 PM

Artist Info

Anton Goosen se nuwe CD Padkos, is sy eerste sedert Groen Blomme-projek 11 jaar gelede. Hy beskryf die musiek as organiese klanke en hy en Peter Pearlson sy ingenieur, het 6 jaar aan en af aan die album gewerk.
Slegs die Soetstemmekoor van die plaas Delta Solms wat op twee snitte, Diep Blou See en Beestepote, sing, is in ‘n ateljee opgeneem. Die meeste van die musiek is of tuis in Gansbaai, of in Peter se kantoor by die Sound Acadamy waar hy ingenieurklasse aanbied, opgeneem. Denzl Keenan van die groep Rooibaard, speel al jare saam met Anton, en sy snitte het hy tuis in Clarens opgeneem en via die internet gestuur.
Organiese klanke volgens Anton is o.a die feit dat daar geen tromme, elektriese kitare, of elektroniese instrumente op die album is nie. Die album is deurspek van akoestiese kitare, Hammond orrel, stomp box, cajon, trompie, bongo’s, mondfluitjie, traporrel, klavier, alt saxofoon, banjo ens.
Van die musikante wat op die album optree is o.a. Lise Swart, Schalk Joubert, Fred Koch (van die Bushrockband), Albert Frost, Gian Groen, Nielen Prisloo, Denzl Keenan, Vernon Swart, e.a.
Anton het met die skryf en opnames van die album sy musikale wortels her-ondersoek.
In die openingssnit, Diep Blou See bekyk en beskryf hy sy omgewing in Gansbaai uit die oogpunt van ‘n boomhuis waar hy als kan dophou: die noorkapperwalvisse, die wit doodhaaie, die perlemoen en galjoen, die hawe ensomeer.
‘n Pawpaw vir my Darling was die temaliedjie vir Koos Roets se film oor Jeanne Goosen se boek met die selfde titel. Die film was ‘n lokettreffer en so ook die liedjie.
Poliesman kan my nie vang nie is die storie van Scotty Smith oftewel George Lennox (1845-1919) wat ‘n perde en diamant dief was, by die rykes gesteel het en die arm man gehelp het. Hy was ook bekend as Suid-Afrika se Robin Hood.
Ou blou geroeste kruiwa, Perlemoentjie en Sagte Kaapse Reën is liefdeliedjies, sommige in ‘n ongewone baadjie.
Die uilvrou van Niew Bethesda is die storie van Miss `helin Martins, die wêreldbekende “outsider” wat met die hulp van Koos Malgas die sementuile en beelde geskep het.
Die bulldozers gallop is ‘n surrealistiese lawigheid van hoe die Kaap en Gauteng Tafelberg en die strand (en ander) kan deel.
Hy was ‘n goeie vriend van my is ‘n ode aan Anton se ontslape vriend, Ollie Viljoen- een van die grootste musikante wat ons land opgelewer het.
Beestepote is ‘n herlewing van ‘n tradisionele Kaapse Karnavallied.
Innie Tsitsilama en In Werk (tot die sand alles uit die uurglas gly) is parodieë van die werklikheid en die perfektheid van ‘n Tuin van Eden en word
gekyk na die futiliteit van die mens se bestaan in die modern era, en sy hunkering na die perfekte uit die gevangenisskap van sy eksistensialisme.
Mzansi (word vervolg) is tweeledig. Eerstens is dit ‘n “lokliedjie” van wat op ‘n volgende album volledig aangeraak gaan word en terselfdertyd musikaal die rou aardsheid van Anton se “homegrown” musiek.
This website is not designed for mobile phones due to the limited screensize. Our special mobile app is currently under construction. To book please call 0219791911 or 0825741651
You need register / login to book this event.
ANTON GOOSEN - Padkos

2018-07-18 - R 130 per ticket

Scroll over tables below to see available seats: Book seats by single clicking on table and choosing the nr of seats. If more seats are required than available at one table, choose more seats at an adjacent table and we will "join" them for you if possible. Double check that the correct nr. of seats are booked before pressing the "PROCEED" button.
Table Types:

Booked Seats:
table 1
table 2
table 3
table 4
table 5
table 6
table 7
table 8
table 9
table 10
1
1
Table 102 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 103 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

1
Table 104 ( 1 seater )

Use slider to indicate number of seats desired

BAR
table 11
table 12
table 13
table 14
table 15
Table 15 ( 2 - 4 seater )
2 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 16
table 17
table 18
table 19
table 20
table 21
table 22
table 23
table 24
table 25
table 26
Table 26 ( 1 - 6 seater )
1 seats left

Use slider to indicate number of seats desired

table 27
STAGE

Can’t find a suitable choice of seats/tables?.. click here and send us an email with your request.
Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.
ANTON GOOSEN - Padkos

2018-07-18 - R 130 per ticket
BOOKING INFORMATION
Please have your credit card and cell-phone ready before you choose your payment option.

Once payment is received, your booking will be confirmed via e-mail and your name added to our guestlist.

If a card-payment is NOT successfull due to any technical reason, you may also do an EFT into our account, and just mail P.O.P to navrae@dieboer.com with your name and the date of the show as Ref.

Please choose a payment option below:


 Forgot Password