4 heerlike disse deur Chef Jean Louis gaan elk saam met 2 wyne bedien word en die wyne waarna jy kan uitsien is:
Verwelkoming
Neethlingshof Rose 2018
Volstruis- en lensiebobotiepakkie met tuisgemaakte rissiesous en jogurt. Bedien met babablaarslaai.
Neethlingshof Pinotage 2017 & Maastricht Pinotage 2017
Geroosterde oondgebakte “pork belly” met Cajun gegeurde blomkool en heuningmosterdbotter.
Kanonkop Pinotage 2016 & Altydgedacht Pinotage 2017
Individuele wildspastei met gemmer-soetpatat en koljander-kapokaartappels. (met geroosterde uie en knoffelbotter as geursel)
Beeslaar Pinotage 2016 & Beyerskloof Synergy 2016
Vanilla panna cotta en sjokolademousse bedien met bessies.
Beyerskloof Pinotage Reserve 2016
‘n Heerlike aand van kwaliteit Suid Afrikaanse kos, wyn, musiek en kuier.
Bespreek NOU by 021 979 1911 of 082 5741651 of aanlyn by www.dieboer.com.