Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie: Haar digkuns
spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers : liefde,
familieskap, rassekwessies en vrou-wees is maar enkele temas
wat uitstaan in haar oeuvre.
In hierdie produksie span Babette Viljoen, Olga Leonard en
Hilandi du Toit saam en omvou Krog se werke met ryk melodieë.
In ’n 60-minute kragtoer word KROG voorgesit met toonsettings
van ’n keur uit haar gedigte wat toegelig word met stem, klavier,
trekklavier en ’n kas vol kitare. Hierdie produksie is tydens
Aardklop 2018 bekroon as die BESTE MUSIEKGEDREWE
Produksie.
Olga Leonard
Olga Leonard verwerf MMus Uitvoerende Kuns met klavier as hoofvak onder Joseph Stanford aan die UP. Sedert 2009 woon en werk sy as vryskutmusikant in Kaapstad. Olga het in 2003 saam met Antjie Krog opgetree in “Plek tussen die doringbome”, ter viering van hul gemeenskaplike geboortedorp, Kroonstad, se 150ste bestaansjaar.
Olga neem in 2011 en 2012 deel aan die ATKV Crescendo kompetisie en dring deur tot die finale rondtes. Sy skryf gereeld musiek vir ander kunstenaars, waaronder Laurika Rauch. Vorige produksies sluit in: Ken jy tant Mossie (KKNK 2014), ’n Eeu van Eybers
(Woordfees, KKNK, Vryfees 2015), God die digter (met TT Cloete) (Woordfees, KKNK, Aardklop 2014/5), Skynskadu (met Christine Barkhuizen le Roux) (Woordfees 2015),Totius: die rus is elders (Woordfees, Aardklop 2015/6), musikale regie van DieAfrikaansvatter (saam met Hemelbesem, - hierdie produksie wen ook die Kanna virmusiekgedrewe produksie) (KKNK 2016), Sixty-Love: Op Reis met Joan Hambidge (Woordfees 2017, Aardklop 2016) en Die Groot Misterie van Twee Vroue (Woordfees 2018). Olga tree op as pianis vir talle kunstenaars en kore in Kaapstad. Sy is direkteur van BO Produksies.
Hilandi du Toit
Hilandi du Toit is passievolle sanger-liedjieskrywer met ‘n grenslose liefde vir kitare. As stigterslid van die dameskwintet ZAMAR tree sy op by Huisgenoot Skouspel in 2005, nasionale Kunstefeeste, korporatiewe funksies en teaterproduksies soos Boheem! en Altyd Jonker en meer. Vanaf 2007 fokus Hilandi op haar solo loopbaan as sanger-liedjieskrywer en vryskutmusikant waar sy agtergrondsang en kitaarwerk doen vir o.m. Steve Hofmeyer, Helene Bester, Wouter van de Venter, Herman Kleinhans, Chris Els, Koos Kombuis ens. In 2011 was sy die musiekdirekteur en skrywer van ‘n baie suksesvolle Burger-Pops.
Hilandi is aan die einde van 2013 aangewys as die algehele wenner van ‘n skryfkursus o.l.v. Dr. Riana Scheepers met haar gedig, “Die Somer het ‘n geel rok aan”. Dié gedig het die titelsnit van haar nuwe album geword wat sy tydens die US Woordfees 2015 bekend gestel het en waarvoor sy benoem is as Beste Kontemporêre Kunstenaar. Dieselfde vertoning is by die KKNK vir ‘n KANNA benoem. In 2015 is Hilandi genader deur Pearson uitgewers om as ambassadeur van die Handwoordeboek vir die Afrikaanse Taal (HAT6) op te tree en ‘n temalied te skryf. Einde 2016 skryf du Toit ‘n teaterproduksie getitteld Gedig, my snaar, ‘n produskie waarin ou Afrikaanse gedigte vertolk word deur June Van Merch (Sara se geheim & Die Boekklub) en toonsettings van oorspronklike digkuns uit Du Toit se pen.
Hierdie produksie is benoem vir ‘n WoordTROfee, KANNA én ‘n Kyknet Fiësta vir beste musiekgedrewe produksie 2017. Die opvolg produksie, ook deur du Toit geskryf heet Gesnaarde gedigte en debuteer by die Woordfees 2018. Hierdie produksie is ook sopas benoem vir ‘n WoordTROfee.
Hilandi is ‘n passievolle kunstenaar. Tussendeur haar solo en ander optredes, drink sy graag koffie, begelei sy ander sangers/groepe en werk sy ook gereeld as vryskutmusikant in verskeie studios as agtergrondsanger en kitaarspeler.
Babette Viljoen
Babette Viljoen is ʼn boorling van ʼn klein dorpie anderkant nêrens in die Vrystaat. Sy maak reeds van 4-jarige ouderdom af musiek en bespeel verskeie instrumente waaronder klavier, viool, kerkorrel, trekklavier en baskitaar. Babette het haar BA Kommunikasie- en Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes- Universiteit Potchefstroom voltooi. Sy was deel van die NWU PUK-Koor en Alabama Studentegeselskap.
Babette tree sedert 2011 by kunstefeeste (Aardklop, KKNK, Woordfees, Gariepfees, Vryfees) op in verskeie produksies, soos Afrikaansvatter (met Hemelbesem & Coenie de Villiers), ’n Eeu van Eybers, God die digter (met TT Cloete), Totius: Die rus is elders (met
Louis van Niekerk), Die groot misterie van twee vroue (met Carel Trichardt), ens. ATKV Crescendo-kreatief Liedjieskryfkompetisie wenner 2011 o.l.v Lize Beekman & Christa Steyn. Babette woon tans in Kaapstad waar sy werk as vryskutmusikant, liefjieskrywer, musiekonderwyseres, begeleier en is direkteur van BO-produksies PTY LTD.