GIAN en CAMILLE

Date :
2019-07-03
Time:
20:30 PM - 22:00 PM
Price:
R145

Die veteraan-troebadoer & kitaarspeler, Valiant Swart span kragte saam – of eerder snare – met sy vriend, die ewe talentvolle sanger & skrywer Gian Groen by die gewilde Die Boer Restaurant in Durb...read more
Die veteraan-troebadoer & kitaarspeler, Valiant Swart span kragte saam – of eerder snare – met sy vriend, die ewe talentvolle sanger & skrywer Gian Groen by die gewilde Die Boer Restaurant in Durbanville.
 
Valiant se stories & immergroen treffers soos onder andere ‘Sonvanger’, ‘Eyeshadow’, ‘Die Mystic Boer’ & ‘Duisend Myl Blues’ sal deel vorm van die program. Met Gian wat ook sy eiesoortige versnit van Afrikaanse blues & folk-musiek na die verhoog bring: sy treffers ‘Vier Seisoene Kind’, ‘Gita Blom’ & ‘Als is net Lekker’.
 
Hul liedjies word afgewissel met vertellinge & staaltjies van albei afsonderlik - sowel as ‘n paar wat hulle saam beleef het - se dekades op die langpad. ‘n Paar verrassings sal ook deel vorm van die aand se oorspronklike, akoestiese vermaak.
 
Volg hulle gerus op al die sosiale media platforms.  Daar is ‘n Swart Groen Toer in die pyplyn vir 2020, sowel as deurlopende toere en optredes deur albei kunstenaars.
Maak seker dat jy nie hierdie besonderse musikale ervaring by Die Boer, Durbanville misloop nie!
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

GIAN en CAMILLE

2019-07-03

Total: R145

 Forgot Password