MARITZA: TOWERKUNS

Date :
2019-10-16
Time:
20:30 PM - 22:00 PM
Price:
R110

Vir meer as 10 jaar het gewilde Kaapse sangeres Maritza haar eie drome op sy geplaas om aan meestal minder bevoorregtes sanglesse te bied. In die agtergrond het sy baie opkomende kunstenaars gehelp om hul drome te bewaarheid, nie net...read more
Vir meer as 10 jaar het gewilde Kaapse sangeres Maritza haar eie drome op sy geplaas om aan meestal minder bevoorregtes sanglesse te bied. In die agtergrond het sy baie opkomende kunstenaars gehelp om hul drome te bewaarheid, nie net met deelnames aan sang kompetisies maar ook met fondsinsamelings.

Met 'n bietjie aanmoediging van haar bestuurspan het sy ingestem, dis tyd om die wêreld bekend te stel aan haar towerstem. Vroêr die jaar is haar album op meeste digitale platvorms gelaai bv. Itunes.
Die resultate was asemrowend. Die aflaai van haar album, getiteld Towerkuns, verloop al meer as een duisend.
Dit is dus met groot opgewondenheid dat Maritza haarself bekendstel deur 'n vertoning van Towerkuns begelei deur Universitieit van Kaapstad student Ryan Truter, op 16 Oktober 2019 by Die Boer.
Die inspirasie agter die tema van haar vertoning is haar enkelsnit Towerkuns. Die gehoor kan uitsien na 'n twee ure vertoning met
ietsie vir almal. Van oorspronklike musiek deur Maritza tot liedere  van Celine Dion, Tarryn Lamb, Elton John en vele meer.
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

MARITZA: TOWERKUNS

2019-10-16

Total: R110

 Forgot Password