ALMERO & DEON MEIRING

Date :
2020-02-11
Time:
20:30 PM - 22:00 PM
Price:
R125

Almero is die afgelope 5 jaar besig om saam met sy broer bekendheid te verwerf as sanger en liedjieskrywer, asook digter en outeur. Almero is bekend vir sy werk saam met Bouwer Bosch (Ses Voet Diep In Vergifnis, Nul Is Nie Niks Nie) en is ook agter d...read more
Almero is die afgelope 5 jaar besig om saam met sy broer bekendheid te verwerf as sanger en liedjieskrywer, asook digter en outeur. Almero is bekend vir sy werk saam met Bouwer Bosch (Ses Voet Diep In Vergifnis, Nul Is Nie Niks Nie) en is ook agter die skerms betrokke as liedjies skrywer vir o.a Straatligkinders. Op die verhoog speel die stories agter die liedjies ‘n groot rol en dit dra by tot ‘n intieme optrede wat die gehoor deelmaak van die verhale. 
 
Deon Meiring het bekend geword as die liedjieskrywer en sanger vir Glaskas en later ook saam met Bouwer Bosch in die duo, Dans Dans Lisa. Hy het ook 'n solo projek waarvoor hy gereeld nuwe musiek skryf en bekendstel. Op die verhoog speel Deon van sy nuutste bekende liedjies soos "Ek weet net nie" en "Bliksoldaat" en hy doen ook akoestiese weergawes van sy werk in Glaskas en Dans Dans Lisa. Wanneer hy die verhoog deel met Almero haal hy graag sy bekfluitjie uit op 'n paar van Almero se liedjies.
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

ALMERO & DEON MEIRING

2020-02-11

Total: R125

 Forgot Password