DOUVOORDAG (akoesties) @ DIE BOER

Date :
2020-04-02
Time:
20:30 PM - 22:00 PM
Price:
R135

DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, DIE AVONTUUR, is op Vrydag 5 Oktober 2018  via alle digitale platforms uitgereik en het onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem!...read more
DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, DIE AVONTUUR, is op Vrydag 5 Oktober 2018  via alle digitale platforms uitgereik en het onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem! 
 
Hulle mees onlangse enkelsnit, Manifes, kan ook reeds op alle radiostasies landswyd gehoor word en die musiekvideo van hierdie ongelooflike treffende liedjie was vir meer as 10 weke op die gewilde kykNET Top 20. Ander enkelsnitte van Douvoordag wat ook reeds op die radio stasies speel is Uitsig en Desembers. Die avontuur sal hulle nuutste enkelsnit wees wat binnekort radio toe gestuur word vroeg in 2019 en waarvan die musiekvideo ook binnekort vrygestel gaan word.
 
Kyk hier die video van Manifes: https://youtu.be/eAkeY_beXAo
 
Musiekliefhebbers ken reeds geruime tyd al hulle unieke klank. Nie net is uittreksels van twee van hulle liedjies gebruik in die klankbaan van die gewilde Afrikaanse fliek, Mooirivier nie, maar hulle eerste twee enkelsnitte, Uitsig en Desembers, was ook onderskeidelik op die Afrikaans is Groot Volume 8- en Afrikaans is Groot Volume 9-albums ingesluit. Nog ʼn snit, Skrapnel, is ingesluit op die In Afrikaans Volume 1-album en Hande vat, die temalied van die TV-reeks, Dorpsdraai, ook deur Jattie geskryf, was ook ingesluit op die In Afrikaans Volume 2-album. Gedurende Desember 2017 was DOUVOORDAG ook deel van die heel eerste In Afrikaans konsertreeks op Hartenbos waar hulle die verhoog gedeel het met bekende name soos Jo Black, Leah, Robbie Wessels en Jan de Wet by die Kersfees in Afrikaans-konsert, wat bygewoon was deur 6 000+ mense. In Desember 2018 was hulle weereens deel van die Kersfees in Afrikaans-konsert saam met Roan Ash en Jan de Wet, wat bygewoon was deur 5 000+ mense.
 
Ilse en Jattie sing al sedert 2008 saam. Aanvanklik het hulle onder ’n Engelse naam gesing, omdat hulle veral by troues en korporatiewe funksies opgetree het, maar mettertyd het hulle al meer oorspronklike Afrikaanse musiek geskryf en gesing, en só het DOUVOORDAG ontstaan. Hulle is ‘n uitstekende lewendige akoestiese duo wat verskeie instrumente bespeel, en gehore is altyd in vervoering met hulle harmonieë
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

DOUVOORDAG (akoesties) @ DIE BOER

2020-04-02

Total: R135

 Forgot Password