JAN BLOHM AKOESTIES

Date :
2020-06-17
Time:
20:30 PM - 22:00 PM
Price:
R185

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie.  In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn.  Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat s...read more
Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie.  In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn.  Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het.  Jan het verskeie toekennings vir sy werk ontvang , soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir 'Album van die Jaar', ‘Liedjie van die Jaar’ vir Breyten se brief en 'Beste Nuweling' van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings, SAMA Toekennings en Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings.

Jan Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word.
 
Met hierdie vertoning gaan Jan Blohm terug na waar dit begin het. Oorspronklike Hartsmusiek op 2 akoestiese kitare wat vertolk word deur een van die mees passievolle kunstenaars in Suid Afrika

Gehore kan uitsien na Groentrui, Breyten se brief, neer en ouer gunstelinge asook songs van sy nuwe vol lengte album wat beskikbaar sal wees
 
You need register / login to book this event.
X

Please check that your booking is correct before proceeding to the payment section.

JAN BLOHM AKOESTIES

2020-06-17

Total: R185

 Forgot Password